MOSSELBAAI NUUS - Die afrit vanaf die N2 na Hartenbos, wat sedert September gesluit is vir die konstruksie van 'n verkeersirkel vorder goed en sal soos beplan vroeg in Desember weer oop wees.
Padgebruikers op die N2, in 'n westelike rigting na Kaapstad, word voor en by die Klein-Brakrivier-afrit ingelig dat die pad gesluit is.
Die ompad na Hartenbos en Oudtshoorn is via die R102 (MR344) deur Riverside wat die afgelope tyd baie druk geplaas op die R102. Veral Louis Fourieweg wat reeds onder druk is hanteer nou voertuie en swaarder voertuie vanaf Riverside en Oudtshoorn.
Die DR6804 gee steeds toegang vir inwoners van ondermeer Hartenbos Landgoed, Dibiki-oord, die Bnei Akiva-kampterrein en die Hartenbos River Resort.
Volgens Hannes Lourens van die raadgewende ingenieurs, Element, is die kontrakdatum 10 Desember. Die kontrakteur is egter voor skedule en die wisselaar behoort vroeër as die beplande datum oop te wees.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'