MOSSELBAAI NUUS - 'n Provinsiale verkeersbeampte wat op 14 April in Louis Fourieweg raakgery is, word steeds vir ernstige beserings in die Mosselbaai provinsiale-hospitaal behandel.
Die voorval het op die betrokke aand om 22:10 by die robot naby Diasstrand gebeur.
Die polisiekommunikasiebeampte, sers Kappie Kapp sê 'n 29-jarige bestuurder het die verkeersbeampte tydens 'n roetine ondersoek met sy voertuig getref.
"Daar was 'n padblokkade en die verdagte het die verkeersbeampte met 'n Toyota raakgery."
Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem vir roekelose-en-nalatige bestuur. 'n Aanklag van dronkbestuur is ook teen die verdagte aanhangig gemaak.
Die kantoor van die provinsiale verkeersdepartement wou nie oor die voorval kommentaar lewer nie.
Die saak word intussen verder ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'