Die presiese omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, is tans nog onduidelik.
Volgens die woordvoerder van die Da Gamaskop SAPD, kapt Wollie Fourie, het Jansen van Rensburg glo 'n ander motorfiets agternagesit toe hy onder die Bayview-brug teen 'n ander voertuig gebots het.
Die ongeluk het om ongeveer 16:00 gebeur en nooddienspersoneel was spoedig op die toneel.
Die Mosselbaai SAPD ondersoek 'n saak van roekelose en nalatige bestuur.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Danie Jansen van Rensburg
ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'