GROOT BRAKRIVIER NUUS - Drie verdagtes is kort na ‘n inbraak by ‘n woning op Reebok deur die Midbrak Buurtwag en lede verbonde aan die Groot-Brakrivier-polisiestasie op Vrydag, 15 Januarie in hegtenis geneem.
Die voorval het by ‘n woning in Seeperdjielaan gebeur. Volgens die polisie is skootrekenaars en ‘n windbuks gesteel.
Die verdagtes bly in aanhouding en sal na verwagting op Dinsdag, 19 Januarie in die landdroshof op Groot-Brakrivier verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'