MOSSELBAAI NUUS - "Dis te danke aan die uitstekende werk van adjudant offisier JC Brink en sy span dat die vermeende moordenaars van Siphelo Mhlawuli binne 'n halfuur na die moord aangekeer en gearresteer is.
"Die verdagtes is vandeesweek reeds voor die hof gedaag," berig die KwaNonqaba-polisie.
Dit blyk Mhlawuli het op Sondag, 21 Januarie omgekom na hy 'n meswond in sy nek toegedien is.
Na bewering het Mhlawuli en die verdagtes binne sy huis stry gekry en hy het hulle uit die huis gejaag.
Buite in die straat is Mhlawuli toe met 'n mes in die nek gesteek en hy is op die toneel oorlede.
Die span onder leiding van ao Brink het die twee verdagtes opgespoor en gearresteer.
Die verdagtes is in die Da Gamaskop-polisiestasie se selle aangehou tot en met hul hofverskyning.
Die ondersoekbeampte is ao Geoffery Moos (044 606 5600) van die KwaNonqaba-polisie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'