Update
MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Mosselbaai het ‘n verdagte in hegtenis geneem nadat vier tieners gister, op Maandag, 21 Junie by die St Blaize staproete met verkragting gedreig is en van hulle selfone beroof is.
Polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer sê speurders verbonde aan die Mosselbaai-polisiestasie het vanoggend ‘n verdagte in hegtenis geneem.
“Een van die slagoffers het gisteraand, op Maandag, 22 Junie ‘n saak by die polisie aanhangig gemaak.”
‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die meisies van ongeveer 17 jaar, om 13:00 vanuit Cecil Sheperdstraat in die rigting van die wandelroete gestap toe die verdagte hulle agtervolg het.
Hy het hulle by 'n beboste gedeelte van die wandelroete voorgekeer en gedreig met verkragting. Die verdagte het daarna drie van die slagoffers se selfone gesteel en in die bosse gevlug.
Hy bly in aanhouding en sal op Donderdag, 24 Junie in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van roof. Meer aanklagte kan moontlik by die klagstaat gevoeg word.
Vorige artikel: Tieners op wandelroete met verkragting gedreig
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'