GROOT-BRAKRIVIER NUUS - 'n Verdagte wat vermoedelik met verskeie huisbrake verbind word, is op Maandag, 7 November by Groot-Brakrivier in hegtenis geneem, kort nadat goedere van ongeveer R20 000 gesteel is.
Die verdagte het na wat verneem word op die betrokke oggend by twee wonings in Langstraat ingebreek.
Alle eiendom is teruggevind nadat Eden Distrik Sekuriteit leidrade opgevolg het en in samewerking met die Groot-Brakrivier-polisie die man in hegtenis geneem het.
Nog 'n verdagte word ook met die voorval verbind maar was teen die ter perse gaan steeds op vrye voet.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'