MOSSELBAAI NUUS - 'n Verdagte wat vermoedelik met 'n gewapende roof by die Vodashop-winkel in die Mosselbaai Mall verbind kan word, is deur die polisie op Mosselbaai in hegtenis geneem.
Die voorval het op Maandag, 30 Julie om 08:30 plaasgevind.
Volgens inligting het 'n man by die winkel ingestap en werknemers met 'n skerp voorwerp gedreig.
Hy het die werknemers in die winkel toegesluit en met 'n onbekende bedrag kontant en selfone gevlug.
Die verdagte, Ricardo System het op Vrydag, 3 Augustus in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op 'n aanklag van roof.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'