Update
MOSSELBAAI NUUSFLITS - Die verhoor van ‘n man wat na bewering ‘n boer van Hartenbos vermoor het, begin vandag in die hoër hof op Mosselbaai.
Die 34-jarige verdagte, Lamlani Booi is die enigste van ses verdagtes wat na die moord op Freddie Tolman deur die polisie vasgetrek is.
Tolman, ‘n boer van die plaas Outeniquabosch, is op die 17de Desember 2014 deur ses verdagtes op sy plaas voorgelê toe hy onderweg was om plaaswerkers op te laai.
Die verdagtes het ‘n versperring in die grondpad gemaak en op Tolman geskiet.
Volgens die Da Gamaskop polisiewoordvoerder, kaptein Wollie Fourie, het twee skote Tolman getref.
Fourie sê Tolman het nadat hy geskiet is probeer wegjaag maar het enkele meters verder op die plaaspad tot stilstand gekom waar hy aan sy wonde beswyk het.
Die ses verdagtes het van die misdaadtoneel na die R328-pad gevlug, waar hulle ‘n voertuig gedwing het om te stop en met die voertuig weggejaag het.
Booi is ‘n jaar na die moord deur middel van vingerafdrukke met die misdaadtoneel verbind.
Tolman se vrou, Mariana, sal vandag vir die staat getuig.
Klik hier vir vorige artikels:
- Plaasmoord: verdagte in hof
- Plaasmoord: 'n jaar later
- Boerse moord: "Ek mis hom elke dag"
- Opvolg: Nog geen arrestasie ná moord op boer
- Bekende boer sterf in plaasaanval
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'