Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n 24-jarige man het op Maandag, 6 Augustus sy eerste verskyning in die Mosselbaai Landdroshof gemaak in verband met die aanval op ‘n vrou in haar Glentana-huis.
Die 77-jarige slagoffer en haar man was Woensdagmiddag tuis toe die verdagte deur ‘n venster toegang tot die woning gekry het en die vrou probeer wurg het nadat sy hom betrap het.
Die vrou het die voorval oorleef nadat haar man haar te hulp gesnel het en die verdagte weggehardloop het. Hy is later vasgetrek en het tussen bosse naby die misdaadtoneel geskuil.
Die verdagte word aangekla van huisroof.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'