MOSSELBAAI NUUS - ‘n Verbyrit-geleentheid word op Sondag, 21 Maart om 10:00 vir Johann Muller voor sy woning gehou as ‘n laaste eerbetoon deur die polisie, buurtwaglede en inwoners van Groot-Brakrivier.
Muller, ‘n bekende en geliefde van veral die Midbrak-omgewing, is op Sondag 7 Maart, na ‘n lang siekbed oorlede.
Inwoners wat hieraan wil deelneem kan om 09:45 voor die Reebok Superette bymekaar kom vanwaar almal in ‘n konfooi sal beweeg.
Daar sal by Muller se huis die geleentheid wees om ‘n stop en blomme, of ‘n kaartjie op ‘n bankie voor sy huis te los. Motoriste sal dan na 9de Laan ry, regs draai in die rigting van Kusweg, regs in De Jagerstraat en weer ry tot in Impala waar almal by die Pick ‘n Pay parkeerarea sal stop.
Die wat wil kan dan aan ‘n vrywillige patrollie in die gebied deelneem. ‘n Privaat roudiens word om 11:00 vir Muller gehou, maar slegs familielede sal dit bywoon.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'