MOSSELBAAI NUUS - Die derde Southern Cape Game Breeders veiling gaan vanoggend voort ondanks pogings om dit in die wiele te ry.
Die eienaar van Bergsig Game Breeders, Kobus Crous het teenoor die Mossel Bay Advertiser bevestig dat 'n saak by die polisie aanhangig gemaak gaan word nadat opmerkings op whatsapp op Vrydagaand beweer het dat die veiling gekanselleer is.
"Geen sabotasie kan geduld word nie," het Crous gesê.
'n Groot getal wildboere is saamgetrek by die Bravo Lounge om streeksaangepaste diere op veiling te koop.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'