MOSSELBAAI NUUS - Die datums vir Diasfees 2020 is op 'n beplanningsvergadering by die munisipaliteit bespreek. Diasfees 2020, die eerste dorpsfees op Mosselbaai se jaarlikse sosiale kalender se beplanning vorder goed.
Die fees vind vanaf Donderdag, 30 Januarie 2020 tot Sondag, 2 Februarie plaas by die Santos Feesterrein aangebied.
Daar is geskaaf aan die program om seker te maak die komende fees bied 'n vars benadering wat selfs nog meer feesgangers sal lok. Top kunstenaars sal weer na Mosselbaai genooi word, maar die name is voorlopig nog nie bekend nie.
Kultuur sal weer die sentrale tema van die fees anker en talle internasionale regerings sal genooi word om deelnemers te stuur om hul tradisies ten toon te stel.
Daar word reeds volstoom beplan sodat die Diasfees 2020 ‘n groot sukses sal wees.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'