MOSSELBAAI NUUS - Hartenbos VLV het vir hulle Februarie-byeenkoms nostalgie gevier.
Lede het teruggegaan na die verlede met hulle uitstalling van artikels waarvan party uit die 1800s kom.
Martie Visagie en haar helpers het die dag met tee begin, waarna die lede elkeen kon vertel oor haar spesifieke artikels uit die verlede.
Daar was stoele, boeke, Bybels, 'n verkyker uit die boere-oorlog, ou tikmasjiene, poppe, bere, bottermakers en selfs plate.
Die VLV het 'n heerlike terugblik in die verlede gehad.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'