Update
MOSSEL BAY NEWS - The Mossel Bay Municipality has responded regarding the 11 swimmers who were rescued from the sea by surfers at Dias Beach yesterday, 29 March.
The swimmers who were in difficulty in rip currents had to be pulled to safety.
The municipality issued the following statement:
Munisipaliteit waarsku oor veiligheid in die see
Mosselbaai-munisipaliteit doen weer eens 'n beroep op ouers en voogde om geen kind sonder toesig toe te laat op die strande in die groter Mosselbaai nie.
Hoewel strandtoestande baie tans baie gunstig is, is seetoestande bedrieglik en kan 'n ongeluk in 'n ommesientjie gebeur.
Veral kinders en diegene wat nie kan swem nie moet deurentyd dopgehou word en nie toegelaat word om dieper as in die vlakwater te speel nie.
Swemtoestande op sommige strande in Mosselbaai is nie ideaal nie, veral weens die voorkoms van sleurstrome. Sommige swemstrande, onder meer Diasstrand, is baie gewild maar gevaarlik en strandgangers moet bedag moet wees op veral die seestrome.
Strandgangers word gevra om ag te slaan op kennisgewingsborde by strande wat teen gevare waarsku.
Die ligging van die kennisgewingsborde is in oorleg met die munisipale omgewingsbeampte bepaal en, sou inwoners ander voorstelle hê, kan inligting vir die aandag van die munisipale bestuurder, Colin Puren deurgegee word by admin@mosselbay.gov.za
"Munisipale dienslewering is onderhewig aan die beskikbaarheid van fondse en bekostigbaarheid. Die groter Mosselbaai beskik oor 'n kuslyn van ongeveer 122 km en die munisipaliteit lewer gekontrakteerde lewensreddersdienste oor die Somervakansie en Paasnaweek. Tans voorsien die beskikbare begroting slegs vir die lewensreddersdienste op die gespesifiseerde periodes maar dit kan, teen 'n koste vir die belastingbetaler, uitgebrei word.
"Die munisipaliteit het begrip vir die aandrang op lewensreddersdienste en stel wel ondersoek in na die haalbaarheid van die uitbreiding van hierdie diens," het mnr Puren gesê.
"Strandbesoekers benut die strande seisoenaal en skep dus ook 'n geleentheid vir besighede om deur middel van borgskappe op veral die gewildste strande by lewensredding betrokke te raak.
"Ek doen 'n ernstige pleidooi op ouers, voogde en diegene wat vir minderjariges wat die strand besoek verantwoordelik is om nie toe te laat dat kinders of diegene wat nie kan swem nie die strande sonder toesig besoek."
Vorige artikel: Eleven rescued at Dias Beach today
'We bring you the latest Mossel Bay, Garden Route news'