Plaaslike wildboere Kobus Crous snr, Lee Vergottini en BJ Schutte is die dryfvere agter die eerste van sy soort wildsveiling wat vandag op Mosselbaai plaasvind.
Spogdiere word in verskeie lotte opgeveil en wildsboere vanoor die hele SA is tans by die Garden Route Casino saamgetrek waar goed op die unieke diere gebie word.
Die opbrengs op een van die lotte wat opgeveil word, word aan die Mosselbaai Burgemeestersfonds geskenk.
