MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt is voorwaar trots op 2021 matrikulant, Lucia Pauw, wat uitstekend in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen gevaar het.
Lucia het tydens die Wes-Kaap se distrikstoekennings die hoogste vakprestasie in Afrikaans huistaal in die Wes-Kaap verwerf, sowel as 'n posisie op die Top 20 akademiese presteerderslys in die Wes-Kaap.
Nie net was Lucia in 2021 Hoërskool Punt se hoofdogter nie, maar was sy by talle aktiwiteite by die skool betrokke.
"Lucia, ons wens jou alle voorspoed met jou studies in Datawetenskap by Stellenbosch Universiteit toe. Dankie vir die voorbeeld wat jy vir alle Visse stel," het 'n Punt-woordvoerder gesê.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'