MOSSELBAAI NUUS - Moenie die eerste Dana Winter Ekspo in die NG Kerk in dié woonbuurt misloop nie. Interessante handewerk en kreatiewe kunsvlyt word keurig uitgestal deur die talle plaaslike en genooide kunstenaars en bied iets vir almal.
Die organiseerders is voornemens om die ekspo 'n jaarlikse instelling te maak en wil volgende jaar meer deelnemende aktiwiteite, onder meer demonstrasies, boekbekendstellings en musiekvertonings aanbied.
Intussen kan besoekers aan die ekspo môre, Vrydag 20 Julie die ekspo besoek vanaf 11:00 om Mosselbaai se eie befaamde kunstenaar, Frans Venter, wat self lank in Danabaai gewoon het, in aksie te sien.
Die uitstalling is daagliks oop vanaf 10:00 tot 18:00 tot en met 20 Julie, hoewel dit op 21 Julie om 13:00 sal sluit.
Interessante, kreatiewe handwerk is by die eerste Dana Winter Ekspo in die NG Kerk beskikbaar.
Smullekker eetgoed en lekker kuierplek is by die eerste Dana Winter Ekspo in die NG Kerk te koop.
Met Kersfees om die draai is handvlyt en kreatiewe eieskeppings by die eerste Dana Winter Ekspo dalk net die ideale geskenkie vir die kerskous.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'