MOSSELBAAI NUUS - Die 2018 Mosselbaai Sport- en Rekreasiefees sal van 22 September tot 6 Oktober plaasvind. Belangstellende sportklubs en/of sportorganisasies word genooi na ‘n vergadering by die Mosselbaai-munisipaliteit op Woensdag, 23 Mei om die beplanning vir die fees te bespreek.
Die vergadering word om 14:00 in die raadsaal van die munisipaliteit, Marshstraat 101, gehou. Almal is welkom.
Vanjaar sal dit die sewende Sport- en Rekreasiefees wat deur die munisipaliteit gekoördineer word. Die doel van die fees is om ‘n gesonde leefstyl aan te wakker, asook om die dorp en plaaslike toerisme te bemark.
Deelnemende sportorganisasies of -klubs reël elk hul eie byeenkomste tydens die Sport- en Rekreasiefees terwyl die munisipaliteit logistieke ondersteuning waar nodig sal bied.
Kontak die kantoor van die direkteur: korporatiewe dienste (044 606 5005) vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'