Tog het die Miss Tourism Queen, 'n graad 10 leerder van Curro Privaatskool, die Mossel Bay Advertiser se Oliver Twist-Skryfbehoefteprojek se uitdaging by die horings gepak en met sakke vol skryfbehoeftes vir die 2015 skooljaar by die koerant opgedaag.
Uitgedaag
Curro se leerlingraad 2015 en die Mosselbaai Junior Stadsraad word op hul beurt uitgedaag om in ruil met nog meer skryfbehoeftes vir plaaslike minderbevoorregte graad eens vorendag te kom.
Kyk gerus na die lys van skryfbehoeftes wat volgende jaar se graad eens gaan benodig en maak jou hart oop.
Vir meer inligting oor die projek, kontak Mari Scott of die Oliver Twist projekkoördineerder, Susan Graaff, by 044 690 7156.

'n Gr 10 leerder van Curro Privaatskool het die inisiatief geneem om
Mosselbaai se Junior Stadsraad en die leerlingraad van Curro uit te
daag om skryfbehoeftes vir behoeftige gr 1-leerders in te samel en aan
die Mossel Bay Advertiser se Skryfbehoefteprojek te skenk. Sy self het
sakke vol skryfbehoeftes op Woensdag 19 November by die koerant
afgelewer. Foto: Nickey le Roux
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'