MOSSELBAAI NUUS - Kansa skeer en kleur op Saterdag, 2 Maart in al drie die inkopiesentrums in en om Mosselbaai en Hartenbos.
"Kom ondersteun Kansa in die geveg teen kanker en bewys solidariteit met kankeroorwinnaars." Nuwe opwindende Kansa-wraps en inkleurboeke sal ook te koop aangebied word.
Besighede word ook uitgenooi om Minette van Zyl (082 443 3601) te kontak indien hulle sou belangstel om die daaropvolgende week hulle eie korporatiewe Shavathon by hulle ondernemings aan te bied.
Bekende sanger, Stef Kruger en ook verlede jaar die Kansa Shavathon op Mosselbaai ondersteun.
Oud en jonk ondersteun jaarliks die Kansa Shavathon.
Hierdie man het verlede jaar sy hare en snor laat kleur en sodoende 'n ware Kansa-ondersteuner geword.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'