MOSSELBAAI NUUS - Nie minder nie as 148 inwoners het vandag, 14 Oktober van die geleentheid gebruik het om veilig van hul gevaarlike huishoudelike afval weg te doen tydens die opedag wat langs die Mosselbaai-stadsaal aangebied is.
Inwoners word herinner aan die opedag wat môre, Donderdag 14 Oktober, van 08:30 tot 14:30 by die munisipale kantore in Groot-Brakrivier sal plaasvind.
"Ons het twee 4-ton-vragmotors met e-afval verwyder, wat wissel van ou rekenaars, strykysters, ketels, elektroniese toerusting, radio's en dies meer. Ons het ook twee houers van 240 liter elk, gevul met neonligte en ander gloeilampe verwyder," het die Senior Bestuurder ( Afvalbestuur), Sivuyile Mtila, gesê.
Die volgende datum vir die opedae is in Desember. Die geleentheid word gereël vir huishoudings om gevaarlike afval weg te gooi en is nie bedoel vir gebruik deur besighede nie.
Die Mosselbaai-munisipaliteit bedank die gemeenskap vir hul samewerking en versoek sake-eienaars om diensverskaffers aan te stel om hul gevaarlike afval te hanteer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'