MOSSEL BAY NEWS - Twee BMW-motorfietse is in die oggendure van Sondag, 16 Maart, gesteel - een op Mosselbaai en een in Fraaiuitsig.
Volgens die polisie is die motorfiets in Fraaiuitsig, 'n BMW 1200GSA LC, tussen 00:00 en 02:00 gesteel ná die motorhuis se deur oopgebreek is.
Die tweede motorfiets, dieselfde model, is by Nautica-woonstelle op Mosselbaai gesteel, het die kompleks bevestig. Dié voorval het rondom 04:20 plaasgevind.
Van die palisades by Nautica is oopgebuig om by die motorfiets uit te kom.
Dit is nog onduidelik of die twee voorvalle met mekaar verband hou en die polisie-ondersoek duur steeds voort.
Die motorfiets wat by Nautica-woonstelle gesteel is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’