MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Advertiser het verneem van 'n jong man en vrou wat gedurende die naweek in afsonderlike voorvalle dood is.
Navrae hieroor is aan onderskeidelik die KwaNonqaba- en Da Gamaskop-polisie gerig.
Volgens inligting is die jong man in Asla Park dood nadat hy glo met ‘n mes gesteek is.
Die jong vrou, blykbaar ook die ma van ‘n kleuter, is glo in Uitbreiding 8 tydens ‘n aanrandingsvoorval dood. Die vermoede bestaan dat ‘n vriend van haar by die voorval betrokke was.
Die name van die oorledenes is aan die Advertiser bekend, maar word weerhou tot meer inligting oor die voorvalle deur die SAPD bevestig is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'