MOSSELBAAI NUUS - Daar is maar net daardie iéts anders aan boeties en sussies wat saam hulle skoolloopbane begin; en selfs meer so as dit twee- of drielinge is.
Curro Mosselbaai se graad 1-groep spog vanjaar met 'n tweeling, Desiré en Reynard Swanepoel, en sommer 'n drieling, Isabelle van der Westhuizen en haar twee boeties, Alex en Chris.
Klik hier vir meer foto's: Graad 1's reg vir die jaar by Curro Mosselbaai
Verder is die ander maatjies net so skattig met tande wat hier en daar uit, blinknuwe tekkies, bokstertjies, groot tasse en groter toekomsplanne.
Op die vraag "Wat wil jy word wanneer jy groot is?" was daar onder meer 'n apteker, 'n boer en 'n onderwyser. Wat sal dié antwoorde in 2036 wees?
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’