MOSSELBAAI NUUS - Inwoners van Mosselbaai word herinner aan die waterbeperkings wat sedert 1 November 2019 geld.
Die watervlakke van die damme wat drinkwater aan Mosselbaai lewer het vroeg in Desember 2019 tot onder 50% gedaal. Gevolglik geld strenger waterbeperkings wat onder meer bepaal dat tuine slegs met emmers of gieters natgelei mag word.
Tuine mag slegs ussen 18:00 en 19:00, twee dae per week natgelei word. Geen besproeiïngstelsels mag gebruik word nie.
Gelyke nommer huishoudings slegs op Maandae en Donderdae. Ongelyke nommer huishoudings slegs op Dinsdae en Vrydae.
Damvlak daal
Volgens bevestigde statistiek van die departement van water en sanitasie is die damvlak van Wolwedans nou op slegs 43,77%. Mosselbaai-munisipaliteit kan wel watersekuriteit aan inwoners waarborg deur die water wat deur die seewater-ontsoutingsaanleg voorsien word. Dit is egter 'n duur bron van water.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'