TUINROETE NUUS - ‘n Trok wat vanoggend vanaf George in die rigting van Mosselbaai gery het, het sy vrag verloor.
Die voorval het om ongeveer 09:30 by die Glentana-brug gebeur.
Volgens die woordvoerder van die Groot-Brakrivier-polisiestasie, sersant Chantel Marais het houtplanke van ‘n waentjie wat die trok gesleep het afgeval waarna die waentjie omgeslaan het.
Niemand is in die voorval beseer nie.
ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'