Gallery Video
KLEIN-BRAKRIVIER NUUS EN VIDEO - Inwoners by die Eden Country Inn in Klein-Brakrivier het vroegoggend met rook en berigte van 'n brand wat by een van die eenhede ontstaan het, wakker geword.
Jessie Kerkhof, 'n kuiergas, het 'n plofgeluid gehoor toe die venster van 'n eenheid ontplof het. Sy het alarm gemaak.
Michael Britz het die ander inwoners gaan wakker maak en gasbottels by die eenhede ontkoppel.
Een eenheid waar die brand vermoedelik ontstaan het, is vernietig terwyl brand en rookskade by vyf ander eenhede aangemeld is. Geen beserings is aangemeld nie.
Inwoners het hul troeteldiere en besittings uit die eenhede verwyder.
Eienaar Jimmy Stergianos het aan die Mossel Bay Advertiser bevestig die werknemer was nie tuis toe die brand ontstaan het nie.
Hy het sy dank uitgespreek teenoor raadslede Dirk Kotzè, Annatjie Janse van Rensburg en Anton Dellemijn uigespreek vir hul ondersteuning. "My opregte dank aan die nooddienswerkers wat baie vinnig op die toneel was."
Kyk 'n video hieronder:
Michael Britz het die ander inwoners gaan wakker maak en gasbottels by die eenhede ontkoppel.
Inwoners het hul troeteldiere en besittings uit die eenhede verwyder.
Foto's: Nickey le Roux
'Ons bring jou die nuutste Klein-Brakrivier, Tuinroete nuus'