MOSSELBAAI NUUS - Gemeenskapslede van Groot-Brakrivier is besig om 'n merkwaardige verbetering aan die tuine van die Groot-Brakrivier se treinstasie aan te bring. En dit, op eie inisiatief.
Die treinstasie se tuine is in 1942 gestig en is die eiendom van Transnet.
Die 1,7 hektaar tuine het egter oor die jare al meer vervalle begin raak. Lede van die Groot-Brakrivier-bewarea kom nou elke Woensdag bymekaar om die tuine skoon te maak en weer op te knap.
Die tuine is tot in die 1990's deur die gemeenskap benut en daar is selfs troues in die tuine gehou. Die tuine ook die Lady Duncan-trofee, vier keer, verower.
Treinstasies landwyd het om hierdie trofee meegeding vir die treinstasie met die mooiste tuine.
Onderhoud
Transnet het in die verlede self die tuine onderhou.
Wat die tuine by die treinstasie so besonders maak is die inheemse plantegroei, en indien dit onderhou word, die netjies grasperke. In die verlede was daar selfs fonteine en watervalle.
Borg
Twee botaniste in die bewareaspan help om die plante wat herontdek word te identifiseer. Holt en haar spanmaats haal al die onkruid uit en ontdek weer inheemse plante en bome van tot 80 jaar oud.
Gelukkig het die groep 'n borg gekry wat hulle vir 'n jaar finansier sodat hulle die nodige gereedskap kan koop en twee werkers wat hand bysit in die tuine kan betaal.
Naas die lokking van toeriste na die tuine wil die bewarea die geskiedenis van die tuine bewaar.
Intussen word daar op Woensdae in die tuine gewerfskaf, bankies word herstel, plastiek en rommel word opgetel, onkruid word uitgeroei en wandelpaadjies word skoongemaak.Naamplaatjies word weer op inheemse plantegroei en bome gesit sodat dit maklik identifiseerbaar is.
Die tuine het so gelyk toe passassiertreine nog die stasie gebruik het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'