MOSSELBAAI NUUS - Die jaarlikse Toy Run waartydens motorfietsklubs speelgoed vir kinders insamel, vind vanjaar op Sondag, 26 November in Mosselbaai plaas.
Motorfietse van verskeie klubs uit die SWD-streek sal om 09:30 vanaf die Mosselbaai Mall in Heiderand vertrek en na die lapa van die Mosselbaai korrektiewe dienste se jeugsentrum beweeg.
Die publiek word uitgenooi om die geleentheid te ondersteun deur veral opvoedkundige speelgoed, doeke en toiletware vir babas asook toiletware vir tieners te skenk.
By die lapa sal daar springkastele en vermaak aangebied word.
Daar is ook 'n spesiale bankrekening geopen vir kontantdonasies: Capitec Rekening Toy Run, spaarrekeningnommer 1547749626.
Vir enige navrae kontak Rowan (078 581 0721).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'