Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Hoërskool Punt het vandag, 21 Oktober ‘n jarelange tradisie voortgesit.
Die Visse wat matrikuleer spring elke jaar op hulle laaste skooldag met skoolklere en al by die gewilde swemplek die Poort in die water.
Oudergewoonte was daar ‘n gejil en ‘n gejuig soos die jonges die water in is.
Vir sommige was dit ‘n dag van groot nostalgie met hulle skoolloopbaan wat ten einde loop en vir ander weer die begin van groot vryheid om hulle vlerke in die grootmenswereld te sprei.
Mossel Bay Advertiser-joernalis, Jannie du Plessis het die aksie vasgevang.
FOTOGALERY: Visse tem die water
Mosselbaai se NSRI Stasie 15 het hulp verleen tydens die springery om seker te maak dat alles vlot verloop.
VIDEO: Visse groet die skoolbanke
Vanjaar se matrieks het vandag die jarelange tradisie voortgesit. Foto's: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'