MOSSELBAAI NUUS - Maria Jansen is op Saterdag 23 Augustus oorlede. Sy het op 16 Junie haar 99ste verjaarsdag gevier. Haar dogter, Alma, wat by haar in D'Almeida, Mossel-baai, gewoon het, het haar ma as 'n baie sorgsame, vriendelike persoon beskryf.
Maria het nege kinders. Sy het 11 gehad, maar haar jongste seun en dogter is oorlede. Hulle woon almal in Mosselbaai, behalwe vir 'n seun in Atlantis, 'n seun in Kimberley en 'n dogter in Gqeberha.
Maria is oorspronklik van 'n plaas in Albertinia en het as volwassene na Mosselbaai verhuis.
Haar man, wat eers op 'n plaas en toe as padbouer gewerk het, is in 2002 oorlede.
Haar begrafnis word vandag, 30 Augustus, vanuit die Volkskerk Mosselbaai gehou.
Maria en Mosselbaai-burgemeester Dirk Kotzé op haar 99ste verjaarsdag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’