MOSSELBAAI NUUS - Die Eden SA se eerste topmodelkompetisie, met die tema Kings and Queens of Aqua, het die naweek by die Diaz Strand Hotel in Mosselbaai plaasgevind. Modelle van sover as Mpumalanga, Gauteng, Bloemfontein en Port Elizabeth het meegeding om die titel as top model in te palm. Karen Gray, direkteur van Crawlers & Crowns EDEN SA, gemeenskapsprojekte en modelkompetisies, asook 'n nasionale talentsoeker vir Top Model SA, het die kompetisie georganiseer.
Die Top Model SA-kompetisie is 'n nasionale kompetisie waartydens die deelnemers die geleentheid gegun word om in die buiteland te gaan meeding in die internasionale kompetisie, Top Model World.
Hier kry hulle ook die kans om raagesien te word deur wêreldbekende modelagentskappe soos TOP MODEL WORLD asook om gescout te word deur wêreldbekende model agentskappe soos FanJam, Boss Models en dies meer.
"Die geleenthede is legio," meen Gray.
Tydens die naweek se kompetisie, het grimeerkunstenaars en haarstiliste hul talente ten volle ingespan in die twee afdelings van die kompetisie, naamlik aand- en temadrag.
"Daar was ook ongelooflike talent in die vorm van Lynette de Jager wat viool items gespeel het, Meryl Brown wat ons met haar pragtige sang bedien het en die dansers van Absolute Dance Studio, wat ons met hul danspassies betower het." Die geleentheid is ook benut om dierekos in te samel wat aan dierewelsynsorganisasies geskenk sal word.
Die volgende inskrywings vir Top Model SA sluit op 15 September 2019. Vir meer inligting, kontak Karen Gray (081 869 6090).
Crawlers & Crowns se volgende groot kompetisie, is op 27 Desember by die Garden Route Casino.
Stefano Buitendag is die wenner in die ouderdomsgroep, 4-9 jaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'