MOSSELBAAI NUUS - Die ATKV Skoffelskuur was stampvol die afgelope Saterdag tydens die jaarlikse Koppie vir Kansa-geleentheid.
Met bekende televisie-aanbieder en sanger Pieter Koen aan die woord, was die atmosfeer niks minder as plesierig nie.
Tania Smit, skrywer van Hekelwoorde van my Hart, het 'n inspirerende boodskap gedeel tydens hierdie besonderse geleentheid.
Pieter Koen, televisie-aanbieder (tweede van links) en skrywer Tania Smit (heelregs) het heerlik gekuier saam met Kansa-verteenwoordigers en gaste tydens die Koppie vir Kansa-geleentheid.
Skrywer Tania Smit aan die woord.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'