MOSSELBAAI NUUS - Met die getal infeksies van die koronavirus of Covid-19 wat steeds wêreldwyd styg, asook die dodetal, is gemeenskappe geneig om ommiddellik gewone griep of verkoue vir dié gevreesde virus aan te sien.
Volgens mediese navorsing, sedert die koronavirus in China uitgebreek het, kan die virus net versprei deur die sproei as jy nies of hoes en wanneer dit dan in aanraking kom met jou gesig.
Wat die virus egter so gevaarlik maak, is dat dit ernstige longontsteking veroorsaak en kan lei tot die dood indien die geïnfekteerdes se immuunstelsel swak is.
Persone met MIV, TB, diabetes, hartprobleme en longsiektes het 'n groter kans om ernstig siek te word in vergelyking met iemand wat baie fiks en gesond is.
Vir die wat nie weet nie, die Covid-19 is afgelei van die volgende: CO = Corona, VI = Virus en D= Disease en 2019 is die jaar waarin die virus geïdentifiseer is.
Toetsstasie
Daar is tans een toetsstasie in Mosselbaai by die parkeerterrein tussen De Bakke- en Santosstrand wat deur kundige personeel beman word. Hier doen personeel van plaaslike patologielaboratoriums diens in samewerking met hospitale en die Mosselbaai-munisipaliteit.
Die prosedure is soos volg:
Indien jy skielik van die volgende simptome ervaar: hoë koors, seer keel, neusverstopping, droë hoes, asemhalingsprobleme ensomeer, is die belangrikste dat jy eers jou dokter kontak. Hy sal dan aan jou 'n klomp vrae stel en indien nodig, jou spreekkamer toe laat kom vir 'n konsultasie.
Indien nodig sal jou dokter jou verwys na die toetsstasie en daarna moet jy vir ten minste 14 dae in afsondering leef. Die uitslae sal dan bepaal watter verdere mediese opsies verder gebruik gaan word.
Die publiek kan ook die volgende nommer skakel en direk met die toetsstasie personeel praat waarna 'n lys vrae aan jou gestel gaan word. Die nommer by die toetsstasie is 066 244 0406.
Dié bekwame vroue beman die toetsstasie op die parkeerterrein tussen De Bakke- en Santosstrand. Foto: Jannie du Plessis
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'