“Die E.Coli vlakke het tot onder die toegelate perk van 1000/100 ml gedaal. Volgens die jongste beskikbare toetsuitslae is die vlakke by die monding tans 10/100 ml en in nabyheid van pompstasie 30/100 ml. Op 15 Des was dit onderskeidelik 285/100 ml en 3250/100 ml,” berig die munisipale woordvoerder, mnr Harry Hill.