Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Hartenbos-tennisklub bied hierdie Desember drie toernooie aan.
Die eerste toernooi - vir kinders 14 jaar en onder - het reeds Dinsdag, 19 Desember plaasgevind.
Daar was heelwat inskrywings van buite die dorp. Een van die meisies, wat in Brackenfell in Kaapstad woon, het reeds om 04:00 saam met haar familie na Mosselbaai gery sodat sy om 08:30 aan die toernooi kon deelneem.
Die kinders was in twee ouderdomsgroepe gedeel naamlik 11 jaar en jonger en 12 tot 14 jaar.
Voorsitter van die tennisklub, Anette Ferreira sê: "Ons het in elke groep 'n eerste, tweede en derde prys vir seuns en meisies gegee. Hulle het geld en gratis toegang na die Hartenbos Pretpark gekry."
Johan van Vuuren, 'n afrigter van Great Tennis Mossel Bay-akademie, was die skeidsregter.
Ivan Koen. Foto's: Grey Stopforth
Wenners:
Seuns 11 jaar en jonger: 1. Roux Delport; 2. Albert Swanepoel; 3. Edwin Rademan.
Meisies 11 jaar en jonger: 1. Nika Potgieter; 2. Jodi Potgieter (tweeling); 3. Animie Meyer.
Seuns 12-14 jaar: 1. Ivan Koen; 2. Kellan Oehley; 3. Wahldu Burggraaff.
Meisies 12-14 jaar: 1. Ninke Nel; 2. Tiffany Pienaar; 3. Juan-Mari Terblanche.
Gister, Donderdag 21 Desember was die sosiale spelers se toernooi en op 28 Desember vind die ligaspelers se toernooi plaas en inskrywings is R70 per persoon.
Inskrywings moet voor 28 Desember by Ferreira (044 695 0812 of 083 426 6062) gedoen word.
Die tennisklub bied in 2017 vir die 17 keer hierdie vakansietoernooie aan.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'