MOSSELBAAI NUUS - Die bekende sangeres Carike Keuzenkamp het haar familie van Frankryk onlangs na die Dias Museum op Mosselbaai geneem vir 'n besoek.
"Ek het weer met nostalgie teruggedink aan die musiekvideo van die 'Bartolomeus Dias' lied, wat ons tydens die Diasfees van Februarie 1988 op die karveel opgeneem het," het sy op haar Facebook-blad gedeel.
"Die kostuum wat ek aangehad het, word uitgestal in dié museum, saam met die kaptein en van die bemanning se kostuums. Beslis 'n wonderlike ervaring om dié museum te besoek."
Carike en haar man, Olaus van Zyl, het verlede week saam met hulle Franse familie by familie op Groot Brak gaan eet en besluit om 'n vinnige draai by die Dias Museum te maak.
Hul familie het die museum baie interessant gevind.
Sy en haar man wys tans hul familie van Frankryk soveel moontlik toerisme plekke in die land.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’