MOSSELBAAI NUUS - Vier tieners van Mosselbaai is vanmiddag, op Maandag, 21 Junie deur ‘n man by die St Blaize staproete met verkragting gedreig.
Die slagoffers, meisies van ongeveer 17 jaar, het om ongeveer 13:00 vanuit Cecil Sheperdstraat in die rigting van die wandelroete gestap toe die verdagte hulle agtervolg het.
Hy het hulle by 'n beboste gedeelte van die wandelroete voorgekeer en gedreig met verkragting. Die verdagte het daarna drie van die slagoffers se selfone gesteel en in die bosse gevlug.
Mosselbaai polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer sê die polisie is bewus van die voorval. “Daar is ‘n verdagte wat in ons visier is. Die slagoffers het egter nog nie ‘n saak aanhangig gemaak nie.”
Koekemoer doen ‘n versoek op jongmense in Mosselbaai om versigtig te wees wanneer hulle gaan stap.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'