MOSSELBAAI NUUS - Altesaam 10 mense is gedurende die feesseisoen in die Mosselbaai munisipale-gebied in hegtenis geneem vir dronkbestuur.
Voetgangers wat onder die invloed van alkohol was, het die plaaslike verkeersdienste besig gehou en altesaam 22 voetgangers, wat na bewering onder die invloed van alkohol was, is ook in hegtenis geneem.
Wetstoepassers het hul hande vol gehad met klagtes vanaf die gemeenskap en het minstens 1 100 klagtes bygewoon.
Altesaam 209 mense is vir die misbruik van alkohol getoets.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’