MOSSELBAAI NUUS - Charles Theunissen, 'n bekende plaaslike geskiedskrywer se derde boek, Old Sunnyside Mosselbaai is einde September op 'n luisterryke funksie bekend gestel.
Hierdie geleentheid wat in die Lutherse-kerksaal in Uitbreiding 6 plaasgevind het, is met lof besing deur die gasspreker, Johnnie Jansen wat spesiaal vir die geleentheid vanaf Montagu gereis het.
Jansen wat 'n boorling van Mosselbaai is, het in sy toespraak gesê, "Charles se werk moet nie ongesiens verby gaan nie, sy passie vir sy dorp se geskiedenis spreek boekdele...".
Madge du Preez, nog 'n boorling van Mosselbaai wat in Kaapstad woonagtig is, het in 'n roerende boodskap wat deur diie programleier Claire du Plessis voorgelees is, vir Charles bedank vir sy durf en ywer en gesê sy bydrae tot die optekening van sy dorp se geskiedenis is iets waarop die plaaslike gemeenskap trots moet wees.
Belangstellendes wat meer oor Charles se geskiedkundige boeke oor Mosselbaai en sy mense wil weet, kan hom kontak by 079 053 6942.
Charles Theunissen en Patrick Jansen een van die gaste wat die geleentheid bygewoon het.
Twee Mosselbaaiers, Ashley Pearce en Colleen Heunis was ook onder die gaste wat die boekbekendstelling bygewoon het. Hier teken Charles Theunissen hulle boeke.
Charles Theunissen se derde geskiedkundige boek, Old Sunnyside Mosselbaai, het onlangs die lig gesien.
Die groep gaste wat die boekbekendstelling van Charles Theunissen se nuutste boek, Old Sunnyside Mosselbaai, bygewoon het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'