MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit sê sy Brand-, Redding- en Rampbestuursdienste is vanoggend na 'n toneel in die omgewing van SSK Agriland ontbied waar 'n taxi na bewering teen 'n gebou gebots het.
Die presiese ligging van die botsing kon nog nie bevestig word nie.
Meer inligting is nie tans beskikbaar nie. Hierdie is 'n ontwikkelende storie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'