MOSSELBAAI NUUS - Alhoewel Erfenisdag en veral Nasionale Braaidag oraloor op 24 September gevier is, het sommige in Mosselbaai ook 'n ander belangrike agenda op die dag gehad.
In Tarka het die buurtwag 'n bewusmakingsveldotg gehou om duidelik uit te spel dat hulle op die been en boonop gerat is om misdaad in samewerking met die polisie vas te vat.
Die Mosselbaai-polisiestasie, asook ander buurtwagte in naamlik die van Heiderand, Da Nova, Onderdorp en Bodorp, asook adjudant-offisier Amanda Lordan en raadslid Marulyn Kannemeyer, het die dag se verrigtinge vlot laat verloop. Die Heiderand-buurtwag het vir verversings gesorg en DJ Cat het gesorg dat almal wie se voete gejeuk het, 'n bietjie kon dans.
"Ons vra dat al die inwoners van Tarka en Uitbreiding 6 om by hul buurtwag aansluit om hulle woongebiede 'n veilige plek te maak waar kinders en ou mense met geruste harte sonder vrees kan beweeg."
Vir meer inligting, kontak Vernon Peterson, voorsitter van die Tarka-buurtwag (076 731 4081).
Op Erfenisdag het Tarka se buurtwag onomwonde te kenne gegee dat hulle woongebiede wil beveilig,
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'