MOSSELBAAI NUUS - Tannie Ola Burger, 'n inwoner van Hartenbos-versorgingsoord, het op Maandag 21 Mei haar 100ste verjaarsdag saam met familie en vriende gevier. Tannie Ola se geheue is nog skerp en sy onthou nog haar skooldae goed.
Boonop loop sy nog op haar eie en geniet goeie gesondheid.
Op die vraag oor hoe dit voel om 100 jaar oud te wees het sy dadelik geantwoord: "Dit voel maar net soos om 16 jaar oud te wees."
Tannie Ola woon gereeld godsdiensbyeenkomste by en eet elke dag nog in die eetsaal. Sy skryf haar hoë ouderdom toe aan harde werk, 'n gesonde dieet en gehoorsaamheid.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'