GROOT BRAK NUUS - Ongeveer 11 informele strukture het Maandagaand, 1 Julie, op Wolwedans, Groot Brak, afgebrand en meer as 50 mense is haweloos gelaat.
Woordvoerder vir die polisie op Groot Brak, sers Laurianne Botha, sê 'n gasbottel het ná bewering in een van die strukture ontplof waarna ander strukture, wat naby die ontploffing geleë is, ook vlam gevat het.
Beide die polisie en die Mosselbaai-munisipaliteit het bevestig dat daar geen beserings met dié voorval was nie.
Volgens die munisipaliteit is die brand om 20:26 deur die Mosselbaai Brand, Redding en Rambestuursdiens geblus waarna die toneel opgeruim is.
Onderburgemeester, Cliffie Bayman, en raadslid Donovan Claassen was vandag, 2 Julie, op die toneel om met gesinne in gesprek te getree.
Enigiemand wat graag hulp aan die gesinne wil verleen kan sers Botha op 073 551 735 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’