GROOT BRAKRIVIER NUUS - As jy nog geen planne het vir Jeugdag, 16 Junie nie, moet jy beslis 'n punt daarvan maak om die datum op jou kalender aan te teken, wat in Groot-Brakrivier gaan daar uitstekende vermaak aangebied word.
Die geleentheid begin om 12:00 en word in die gemeenskapsaal op Groot-Brakrivier gehou.
Toegang is R20 en dit koop 'n wye verskeidenheid vermaak wat kletsrym, digkuns, dans en sang insluite.
Van die talentvolles wat daar sal optree sluit in Mordegai Erasmus, Kieka Daniels, Triggamahn, Crimson Hozay, Gucci Gang, Shariff, Rap Stars, NBR, Young One,Team Savage, Future Kings, DTrix, Team Genesis, Outlaws, Legendary Twins, Chronic en nog vele meer.
Vir meer inligting, kontak die organiseerder Adrian London (078 245 8681).
"Ons bedank al ons borge wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het. Dankie dat julle die kunste ondersteun," se London.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'