MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai ACVV Maatskaplike Dienste-tak, in samewerking met die E-Sentrum op Brandwag, het dit goed gedink om ‘n talentskou te hou soos Jeugmaand ten einde geloop het.
Selfvertroue
Dit is belangrik om die jeug bloot te stel, die nodige selfvertroue te gee en hulle bewus daarvan te maak dat hulle as jeugdiges ook 'n rol te speel het in die gemeenskap het Junique Rhode, maatskaplike hulpwerker van die ACVV, ná die program verduidelik.
Die talenskou het op Vrydag, 21 Junie, plaasgevind en daar was omtrent 300 gemeenskapslede wat dit bygewoon het. ‘n Totaal van 10 items was opgevoer, wat items soos dans-, sang- en kletsrym ingesluit het.
Suksesvolle program
Pryse was aan al die deelnemers gegee.
"Die gemeenskap het die suksesvolle program geniet. Sulke programme bring gewoontlik die gemeenskap bymekaar," het Rhode gesê.
Dankie
"Ons wil graag dankie sê aan ons Hemelese Vader wat die dag moontlik gemaak het en aan die Brandwag-gemeenskap. Dankie ook vir al die rolspelers en die persone wat gehelp het om die dag so suksesvol te maak. Spesiale dank aan Dominique van die E-Sentrum wat leiding geneem het om die nodige reëlings in plek te kry."
Rhode het gesê: "Ons vertrou dat ons in die toekoms meer sulke programme sal kan aanbied om aan meer talent blootstelling te gee."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’