MOSSELBAAI NUUS - Minstens 24 tablette en 26 mini-rekenaars, asook twee projektors, is by die St Blaize Primêre Skool op Mosselbaai gesteel.
Boonop is die goedere nuut en nog slegs een keer deur leerders gebruik voordat die skool vir die vakansie gesluit het.
Polisiewoordvoerder, kapt Wollie Fourie sê die voorval het tussen 14 en 18 Junie gebeur. Hy sê hulle vermoed daar is meer as een verdagte en dat die diewe toegang tot die skool verkry het deur ‘n venster by een van die klaskamers te breek.
Die verdagtes het daarna deur die plafon van die klaskamer gebreek en so toegang tot ander klaskamers verkry waar nog goedere gesteel is.
Volgens Fourie word ‘n groot beloning aangebied vir inligting wat kan lei tot die arrestasie van die verdagtes. “Dit is hartseer want die goedere is aangekoop om vir die opleiding van leerders gebruik te word.”
Enigeen met inligting word versoek om die polisie te kontak by 044 606 2212.
Van die gesteelde goedere.
Van die gesteelde goedere.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'