Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die afgelope Saterdagoggend het Leolan Akademie se jaarlikse damestee by die Admirals Restaurant van die Tsogo Sun Garden Route Casino plaasgevind.
Dié jaarlikse instelling om oud en jonk die geleentheid te bied om die hoëhakskoene en hoede af te stof se tema die jaar was Alice in Wonderland.
'n Tema wat skitterend by die personeel en kinders van Leolan Akademie ingeskakel het. Die tafels was keurig versier met eetgoed en spesiale geskenkpakkies. Baie moeite is ook in die tafels se dekor ingesit om by die tema aan te pas waar die 220 gaste aangesit het.
Onderwysers het vertel hoe hulle daaglikse "Wonderland" daar uitsien en hoe spesiaal dit is om met hierdie engelkinders te werk.
Die leerders het deur ritmiese danspassies hul energie gewys. Chosen se pragtige a capella-sang is deur almal eniet. Nieteenstaande die emosionele ondertoon, was daar tog ook 'n besliste boodskap van hoop.
Kyk 'n video hieronder.
"Enige probleem het 'n vervaldatum, êrens gaan iets verander," is deur die groep Chosen se leier gesê voor die sing van hul laaste lied I'll walk this line.
Jenascia Stokes het almal weer betower met die sing van die pragtige lied I am Yours. Hierna het almal heerlik aan die eetgoed gesmul en daar nog lank saamgekuier is.
Leolan Akademie is 'n skool wat spesifiek ingerig is om kinders met beperkinge soos outisme en Downsindroom te help ontwikkel.
Die "hangende" teepot was 'n wenner onder die spogtafelversierings tydens die geleentheid. Foto: Tersia Marais
Dit is 'n nie-winsgewende organisasie wat absoluut afhanklik is van die hulp en ondersteuning van die ouers en plaaslike besighede. Dit is ook nie net altyd finansiële hulp wat benodig word nie, want 'n baksel koekies of enige bederfie vanuit die gemeenskap maak ook 'n verskil.
Indien iemand betrokke wil raak of meer uitvind omtrent Leolan Akademie, kan Yolandi Botha kontak (083 722 4744).
Die kinders se energieke bydrae tot die oggend sal nog lank bly voortleef in die gedagtes van die wat teenwoordig was. Foto: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'