Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - BLOSS-tydskrif het Sondag, 14 Desember hul November/Desember-uitgawe met die tema Die kind in my se voorblad in Mosselbaai geskiet.
Die voorbladnooi is Katinka Oosthuizen, Mosselbaai se eie sosiale media-beïnvloeder.
Katinka het oornag bekendheid verwerf danksy haar deelname aan die afgelope seisoen van die Survivor SA-reeks. Katinka die Kat, soos sy bekendstaan is ook aangewys as een van 10 jeugbeïnvloeders van BLOSS-tydskrif se nuwe "babatjie" wat vroeg volgende jaar op die rakke gaan wees naamlik, BLOSS Youth vir jong vroue tussen die ouderdom van 16 en 19.
Die pragtige Katinka Oosthuizen, Mosselbaai se eie sosiale media-beïnvloeder.
"Katinka die Kat" is ook aangewys as een van 10 jeugbeïnvloeders van BLOSS-tydskrif se nuwe babatjie wat vroeg volgende jaar op die rakke gaan wees.
Wilna Allpass (professionele grimeerkunstenaar en haar stilis) doen die finale afronding aan Katinka se grimering voor die fotosessie.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'